Vulstasie in Gezina beroof
Twee gewapende mans het ’n vulstasie in Gezina van ’n onbepaalde bedrag geld beroof. Die polisie is op soek na die twee mans en die bestuurder van die wegkom-voertuig.

Die Moot-polisie is op soek na drie mans wat Maandagmiddag ’n vulstasie in Gezina beroof het.
Volgens adjudant-offisier Anton Breedt, woordvoerder van die Moot-polisie, het twee gewapende mans uit ‘n grys Renault Clio gespring terwyl ‘n derde in die wegkom-voertuig gewag het.
“Die twee gewapende mans het die personeel van die vulstasie aangesê om op die grond te lê terwyl hulle ‘n onbepaalde bedrag geld geroof het,” het Breedt gesê.
Die twee mans het ná die roof terug in die Renault Clio gespring en weggejaag.
Breedt sê geen skote is afgevuur nie en niemand is beseer nie.
Die ondersoek duur voort.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.
