Herdenkingsdiens vir jong vrou gehou
‘n Herdenkingsdiens is Saterdagaand vir Marlien Erasmus by Booysenspark gehou.
‘n Herdenkingsdiens is Saterdagaand by Booysenspark op die hoek van Market- en Bremerstraat vir Marlien Erasmus (20) gehou.
Erasmus se vriende en familie het haar lewe en hul herinneringe met mekaar gedeel. Haar lyk is verlede Donderdag in ‘n bos in Danville deur voetgangers gevind. Sy was in ‘n kombers toegedraai.
“Daar was omtrent 50 mense by die diens. Elkeen het ‘n kers vir Marlien aangesteek,” het haar vriend, Theo Nel, gesê. Hy het Erasmus se gunsteling liedjie gesing, ‘Lord you know me’ van Riana Nel.
“Mense sal haar nooit vergeet nie. As hulle hul hande op hul hart sit en luister hoe klop dit sal hulle hoor hoe haar hart geklop het,” sê Theo.
Erasmus se tannie het aan Rekord gesê sy was ‘n gelukkige en borrelende persoon en dat die familie sukkel om haar dood te aanvaar. “Sy was in haar 20’s en so vol lewe.”
Kaptein Thomas Mufamadi sê die polisie ondersoek nog die saak. “‘n Nadoodse ondersoek is aan die gang. Ons ondersoek nog die oorsaak van haar dood.”
Erasmus word Donderdag (23 April) begrawe.
Lees: Vrou se lyk in bosse gevind
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.
Is jy passievol oor jou gemeenskap? Teken in op ons splinternuwe nuusflitse. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za om jou nuusflits gratis te ontvang.

