CrimeNews

Diewe dra staalhek weg

Diewe het verlede Saterdag ’n massiewe staalhek van sy spore gelig en spoorloos verdwyn.

Dit is nie aldag dat diewe ‘n massiewe hek van sy spore afhaal en wegdra nie.

Dié einste diefstal het by Overkruin-uitrusters in Sinoville in die vroeë oggendure van Saterdag plaasgevind.

‘n Span van drie mans het vermoedelik die area vir ‘n geruime tyd dopgehou en die perfekte teiken gesoek.

Frans Huisamen, eienaar van Overkruin-uitrusters, sê die massiewe hek van 5m x 2m is omstreeks 04:30 die oggend deur twee mans van sy spore afgelig en op ‘n bakkie gelaai.

‘n Derde man het agter die stuurwiel van die wegkom-bakkie gewag.

“Die mans het die hek binne twee minute verwyder. Een van die mans het oor die hek gespring terwyl die ander man vir hom ‘n slotsnyer aangegee het,” sê Huisamen.

Die vermeende dief het die slot oopgeknip en oor die muur gegooi voordat hy die hek oopgestoot het.

Die onderneming se video-beeldmateriaal wys hoe die mans aan weerskante van die massiewe hek staan en dit van die spore af lig. Die wegkom-bakkie maak skielik sy verskyning en hou stil by die twee mans. Hulle tel die hek op die bakkie se dak.

Albei mans klim agter op die bakkie en so vinnig soos hulle die hek verwyder het, verdwyn hulle weer in die donkerte.

Huisamen sê die diefstal kos hom sowat R6 500.

Die diewe het twee blokke verder nog ‘n hek probeer steel, maar die eienaar van die huis het alarm gemaak en hulle het weggejaag.

Mirna von Benecke, woordvoerder van die Sinoville-polisie, het die misdaad bevestig. Sy maan inwoners om so deeglik as moontlik veiligheidsmaatreëls by hul perseel aan te bring.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

Is jy passievol oor jou gemeenskap? Teken in op ons splinternuwe nuusflitse. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za om jou nuusflits gratis te ontvang.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button