GalleriesLocal newsLocal sportNewsSportSports galleries
Ondersteuners wys hul ware kleure vir Gauteng-derby
Bulls en Lions ondersteuners het gestroom na Loftus om dié wedstryd te sien.
Te oordeel aan die hoeveelheid ondersteuners van die Lions wat Saterdag by Loftus Versfeld opgedaag het om hul span te ondersteun vir die SupeRugby wedstryd teen die Bulls, is dit duidelik dat die manne van Johannesburg deesdae weer kookwater rugby speel. Die Bulls ondersteuners was egter self daar in groot getalle om hul span te ondersteun in hul laaste tuiswedstryd voor hulle op hul toer oorsee vertrek.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.
Die Kotze-familie van Palaborwa het ook ver gery vir die wedstryd. Drie Bulls-ondersteuners en een Lions-ondersteuner bymekaar. Van Links is Louis Viljoen, Leon Viljoen, Christien Viljoen en Vincent Spannenberg, almal van Krugersdorp. Die Rossouw-egpaar van Krugersdorp wys dalk nie wie hulle ondersteun nie, maar hulle het gehoop dat die rugby ten minste opwindend sou wees. Die Olivier-familie kom van Thabazimbi en hulle was verdeeld oor wie hulle ondersteun. Jacolien Kinnear van Alberton (links) en Hester Gouws van die Oos-Rand was by Loftus om die Lions te ondersteun. Die Groenewald-familie van Richardsbaai het besluit om hul langnaweek in Pretoria deur te bring en dan die Bulls te ondersteun. Kenan Coertzen van Midrand het voor die wedstryd gewys hoe ‘n meganiese bul gery moet word. Die Bruyns-familie (in pienk) en die Hayes-familie (in Blou) is almal van Sasolburg. Die Fourie-familie van Vereeniging het voor die wedstryd in die biertuin gekuier om in die regte gemoedstemming te kom vir die groot wedstryd. Ilze Liebenberg (middel voor met bril) het haar 18de verjaarsdag saam met haar vriende by Loftus Versfeld kom vier. Die Berry-familie het al die pad van Bethal in Mpumalanga gekom om due Bulls te ondersteun.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!











