Local newsLocal sportNewsSchoolsSport

Seun benodig hulp ná besering

’n Graad 8-leerling van Hoërskool Zwartkop benodig hulp nadat hy sy knie erg beseer het.

‘n Jong rugbyspeler van Hoërskool Zwartkop het dringend geld nodig vir ‘n knie-operasie nadat hy ‘n ernstige besering opgedoen het.

Ryno Viljoen (13), ‘n graad 8-leerling, se knie is sowat twee weke gelede in ‘n rugbywedstryd beseer toe hy skeefgetrap het in ‘n poging om ‘n speler laag te vat.

Sy ma Ronel Viljoen sê die familie het nie geld vir die operasie nie.

“Ons het reeds R18 800 ingesamel vir hospitaalkostes, maar kort nog R33 200. Ons benodig ‘n verdere R6 174 vir die narkotiseur en R13 190 vir die chirurg.”

Inwoners van Centurion het nou begin saamspan om geld vir Ryno in te samel. Verskeie projekte is geloods, waaronder ‘n inisiatief om “cupcakes” te verkoop.

Sy ma sê: “Baie dankie aan almal wat donasies gemaak het en ‘cupcakes’ gekoop het en aan almal wat hom ondersteun en vir hom bid. Geld vir die operasie kan ook regstreeks aan Unitas-hospitaal betaal word.”

Haar telefoonnommer is 074-491-5229.

Lees ook: Zwartkop die ligawenners

Hoerskool Zwartkop lewer Bergfietskampioen op

Much more than just good wine and food

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button