Beseerde seun terug by skool
Ryno Viljoen, die seun wat sy knie erg beseer het, is terug by die skool.
‘n Jong rugbyspeler van Centurion is terug in Hoërskool Zwartkop na ‘n operasie aan sy beseerde knie wat deur weldoeners moontlik gemaak is.
Ryno Viljoen (13) het teen die einde van April sy knie erg beseer in ‘n rugbywedstryd toe hy skeefgetrap het in ‘n poging om ‘n speler laag te vat.
Die Viljoen-familie kon nie die operasie se koste van sowat R70 000 bybring nie en het die inwoners van Centurion om hulp gevra.
Besighede en gewone inwoners het saamgespan en die nodige geld is blitsig ingesamel. Die operasie is op Vrydag 8 Mei uitgevoer.
Volgens sy ma, Ronel Viljoen, gaan dit baie beter na die operasie.
“Hy gaan steeds twee maal ‘n week na ‘n fisioterapeut toe om met sy herstel-proses te help en dit is nog baie seer. Maar ons is verskriklik verlig dat hy goed herstel.”
Sy het almal bedank wat ‘n rol gespeel het om die operasie suksesvol te laat afloop.
“Ons is veral dankbaar teenoor Unitas Hospitaal en al die personeel, Marius Bester, Brenda Human en Renée Reynders, asook die borge Marethas, Spur Lifestyle Centre, Purple Cow Midstream, Mimmos Mall@Reds, Sterling Silver Juwele, Fusion Hair Pierre van Ryneveld, Thirsty’s Sports Bar Pierre van Ryneveld en Pizzeria Milan.”
Ryno se ma sê hy het nog ‘n lang pad om te stap, maar sy gesin is positief dat hy ten volle sal herstel.
Lees ook:
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.
