Man herstel ná hy op duiwelsvurk val
Besigheidseienaar van Moreletapark herstel na hy op duiwelsvurk val tydens jaagtog.
‘n Sakeman van Moreletapark sterk tuis aan nadat hy verlede week lelik seergekry het toe hy ‘n dief agternagesit het.
Delius van der Merwe het die boef verlede Maandag helder oordag betrap by sy onderneming in Rutgersstraat, naby die Morelta Kloof natuurreservaat.
Toe die man weghardloop, is Van der Merwe agterna.
In die proses het hy met ‘n leer oor ‘n groot groen palissade-heining met duiwelsvurke aan die bopunte probeer klim. Hy het gegly en maag-eerste in die skerp diefwering geval.
Volgens Van der Merwe se vrou, Donet, herstel hy goed. “Ons is so bly dat dit soveel beter gaan en dat hy al uit die hospitaal ontslaan is.”
Sy sê hy is nie inwendig beseer nie, maar moes wel steke ontvang. “Die steke gaan darem ook binnekort verwyder word.”
Donet is steeds vies omdat die dief weggekom het.
“Ons het gehoop dat ons hom kon opspoor, want hy het sonder sukses probeer om geld met my bankkaart te trek. Maar hy is weg.”
Lees ook:
Vrou se geliefde skape gesteel
Pasop vir swendelaar in Pretoria
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.
