Hoërskool Oos-Moot se sport kook in 2015
Hoërskool Oos-Moot presteer goed in verskeie sporte.
Hoërskool Oos-Moot spog met een van die topvroue verspringatlete in Suid-Afrika.
Carla Marais, onderwyseres en verspringafrigter by Hoërskool Oos-Moot het vanjaar gewys waarom sy as een van die topverspringatlete in SA beskou word. Sy verwerf die silwermedalje tydens die Suid-Afrikaanse senior atletiekkampioenskappe in Stellenbosch (April 2015) met ’n afstand van 6.53m en goue medaljes by die SA ope kampioenskappe in Potchefstroom (Mei 2015) en die Yellows Pages uitnodigingsbyeenkoms te Groenpunt (Mei 2015). Haar persoonlike beste afstand is 6.64m (2013) en ’n sesde plek by die Afrika-kampioenskappe in 2014.
Die Netbalseisoen skop ook op goeie voet af met Chantelle Swart (o.19), eerstespan-kaptein en doel wat in die Wildeklawer-uitnodigingspan opgeneem is. Sy neem in Kimberley deel tydens die Wildeklawertoernooi waar die uitnodigingspan derde in die toernooi eindig.
Tydens die onlangse PUK-reeks word Hoërskool Oos-Moot as die beste netbalskool aangewys waar hul kragte moes meet met skole soos Ben Vorster, Frikkie Meyer en Montana. Die eerstespan, tweedespan, o.17 A en B-spanne, o.16 B- en o.15B-spanne wen die PUK-reeks.
Met die liga nou in volle swang doen al die spanne baie goed en is daar tans ses uit die 11 spanne wat die liga wen. Tydens die GSS Gauteng-finale proewe op 16 Mei word sewe uit die nege speelsters ook tot Gautengspanne verkies. Die speelers is Danae Janse van Rensburg (o.14), Jo-Mari van Hengel (o.14), Shani Maritz (o.14), Nicolene Terblanche(o.14), Michelle Dreyer (o.17), Chantelle Swart (o.19) en Jessica Huyser (o.19).
Lees ook:
Oos-Moot maak stem dik in Beeldtrofee
John Vorster klop Oos-Moot in Moot-Derby
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

