Local sportNewsSport

Blou Bulle skep nuwe inisiatiewe om klubrugby uit te bou

Die Blou Bulle rugby-unie is besig om te bou op die sukses van die Enristabeker toernooi en verskeie nuwe inisiatiewe word geïmplimenteer om nuwe lewe te blaas in rugby op klub- en amateurvlak.

Klubrugby het verlede week ’n groot hupstoot gekry met die bekendstelling van die klub-ambassadeurs projek van die Blou Bulle rugby-unie, waaraan verskeie oud spelers sal deelneem.

Met die oorname van die nuwe bestuur van die Blou Bulle verlede jaar is daar besluit om nuwe projekte aan te pak waardeur amateur- en klubrugby baat sou vind. Verskeie rolspelers was bekommerd oor die stand van sake in klubrugby. Onder leiding van die unie se nuwe president, Gert Wessels, asook die bekende sportpromotor, Willem Strauss, wat ook ’n vise-president van die unie is, het ’n komitee tot stand gekom wat spesifiek sou werk om klub- en amateurrugby uit te bou.

Strauss het onmiddelik begin om voort te bou op die sukses van die Enristabeker toernooi, wat verlede jaar al met groot sukses aangebied is. Dié toernooi is in die lewe geroep om eerstens aan skoolseuns wat nie die geleentheid kry om verteenwoordigende rugby te speel nie, wel ’n ekstra kans te skep om raakgesien te word. Strauss en sy medewerkers se siening was dat daar te veel talent verlore raak, nadat hul navorsing getoon het dat meer as 70 persent van alle skole-rugbyspelers na skool nooit weer speel nie.

Die persepsie bestaan dat daar geen geleentheid vir sogenaamde “laat ontwikkelaars” is om raakgesien te word as hulle nie op skool reeds in verteenwoordigende spanne opgeneem is nie.

Die Enristabeker toernooi het dus ten doel om eerstens nog ’n platform te skep vir skoolseuns om op ’n verteenwoordigende vlak rugby te speel. Terselfdertyd word die seuns blootgestel aan klubrugby, omdat hulle in die kleure van die klubs speel en deur die klubs bestuur word.

Intussen het Strauss en sy komitee vanjaar ook die sogenaamde “Loftus Ervaring” bekendgestel. Hiervolgens speel die o.20 en o.21 spanne van klubs een maal per maand in amptelike ligawedstryde op Loftus Versfeld se B. C en D-velde op ’n Donderdagaand. Dié inisiatief is volgens alle aanduidings ’n reuse sukses en verskeie klubadministrateurs getuig reeds dat die standaard van klubrugby op dié vlak verbeter het.

’n Verdere uitvloeisel van die klem wat daar op klubrugby op o.20 en o.21 vlak geplaas word is die feit dat ’n span keurders dié wedstryde bywoon om spelers dop te hou. Uit hierdie junior klubspelers sal daar ’n groep spelers gekies word om die Limpopo Blou Bulle, wat as sub-unie van die Blou Bulle bestuur word, later vanjaar in die o.19 en o.21 Curriebekerreeks te verteenwoordig.  Dit sal dus ook ’n puik geleentheid wees vir “laat ontwikkelaars” om raakgesien te word, aangesien hulle landwyd teen ander provinsiale spanne sal speel.

Volgens die nuutste inisiatief, wat verlede week bekendgestel is, sal oud Bloubul sterre weer by klubrugby betrokke raak as ambassadeurs van die klubs. Hulle sal take verrig soos om spelers se truie te oorhandig voor belangrike wedstryde, asook om by ander verrigtinge van die klubs betrokke te raak. Op hierdie manier sal daar weer ’n skakel gevestig word tussen top spelers van die verlede en huidige klubspelers, wat die grense tussen professionele spelers en klubspelers sal afbreek.

WATCH:

Also read:

Ludeke makes seven changes for last tour game against Rebels

Charné Bosman talks about her Comrades success

Wöstmann praise her coach for Comrades success

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button