Betonblaaie blok die sypaadjie
Tshwane-metro doen niks oor die betonblaaie wat op die sypaadjie in Louisstraat lê, nadat hulle gebarste waterpype herstel het.
Die toestand waarin die Tshwane-metrowerkers die sypaadjie in Pretoria Tuine laat is ‘n bron van kommer vir inwoners.
Louisestraat in Pretoria Tuine is die enigste straat met dié probleem, volgens inwoners.
“Ons word deur die probleem geraak omdat die hoofwatertoevoer parallel met die straat loop,” sê Pieter Botha van die Hercules gemeenskapsveiligheidsassosiasie (HGVA).
Hy sê daar word omtrent weekliks gebarste waterpype reggemaak in die straat. Inwoners is ook bekommerd oor die waterpype wat so gereeld bars. “Inwoners is ontstoke oor die probleem. Die uitgrawings is gevaarlik en sommige is tot drie voet diep,” kla Botha.
“Verlede Vrydag het ek gesien hoe ‘n man met sy rolstoel sukkel om verby die rommel te kom. Die uiteinde was hy moes in die straat met sy rolstoel ry. Toe ek dit sien het ek besluit om iets daaraan te doen,” het Botha gesê. Hy het gesê voor Laerskool Tuine moet kinders straatlangs beweeg want die sypaadjie is ook uitgegrawe en die ou betonblaaie lê orals rond.
‘n Vinnige herstel en opruiming van die sypaadjies sal waardeer word deur inwoners, volgens hom.
“Die waterprobleem word vinnig na omgesien en daaroor kan ons nie kla nie. Dit is die herstel en opruiming van die sypaadjies wat die probleem is,” sê Botha.
Rekord het per epos navrae aan Tshwane-metro gerig maar geen terugvoer is nog ontvang nie.
Kyk hier na die VIDEO:
Lees ook:
Soektog vir vlerksweeftuig afgelas
Gemeenskap verenig in stryd teen dwelms
Liefdevolle pa gaan gemis word
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

