Local newsMunicipalNews

Gebarste waterpype ’n hoofpyn vir oos-inwoners

Inwoners in die ooste van Pretoria is keelvol vir waterpype wat aanhou bars.

Waterpype regoor die ooste van Pretoria hou aan bars en mors duisende liters water per dag.

Pype wat aanhou bars is ‘n kopseer vir inwoners en een wat inwoners bekommer, is in Charles Barrettstraat, Die Wilgers.

Volgens inwoner Piet Loubser het die pyp, wat regoor die pad van sy huis is, op 17 Mei al gebars. “My buurman het die oggend van 18 Mei wakker geword toe stroom die water by sy tuin af. Hy het dit aangemeld, maar niks is daaraan gedoen nie. Ek het dit daarna al drie keer aangemeld, maar teen 1 Junie was daar steeds niks gedoen nie.”

Dit het die metro meer as drie weke geneem om die pyp te herstel.

“Hoewel dit nie my sak direk raak nie, is dit steeds ‘n verskriklike vermorsing van ‘n kosbare hulpbron,” het Loubser bygevoeg.

Selby Bokaba van Tshwane-metro het wel voorheen gesê die metro is bewus daarvan dat die waternetwerk in die ooste opgeknap moet word. “Hierdie saak word as ‘n prioriteit beskou,” het hy gesê.

Dit is onlangs onthul dat 136 000 meter se waterpype in die ooste van Pretoria vervang moet word. Demokratiese Alliansie-raadslid Duncan Baker sê ‘n tekort aan geld, ambagsmanne, en onderdele belemmer die opknapping van die waternetwerk.

Lees ook:

Water interruptions in the east

More city land auctioned

50 000 water leaks in Tshwane annually

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button