CrimeLocal newsNews

Inwoners eis ’n sirkel by ’n kruising in Tuine

Ná ‘n ongeluk wat die lewe van 'n man geëis het, versoek inwoners 'n sirkel by die kruising.

‘n Verkeersirkel moet op die hoek van Ernest- en Adolf Gustuvstrate opgerig word, sê inwoners van Pretoria Tuine.

Dié eis volg nadat ‘n inwoner van die omgewing, Charl Swart, by die kruising dood is toe hy op pad kerk toe in ‘n botsing met ‘n ander voertuig betrokke was.

Inwoner Marnie van Staden het die eerste stap geneem en ‘n petisie laat teken vir ‘n verkeersirkel by die kruising.

“Hier gebeur baie ongelukke, maar dit is die eerste keer vandat ek hier woon dat iemand by die kruising dood is,” sê Van Staden.

“My eie kind was ook in ‘n ongeluk op die hoek. Die motoris van die ander kar het oor die stopstraat gery en teen haar gebots. Ek het gesien hoe die motoris oor die stopstraat ry.”

Van Staden sê mense ignoreer die stopstraat en dit veroorsaak die ongelukke. “Ons sit met ‘n lang blok en die een stopstraat is te ver van die ander een af. Al wat die probleem sal oplos, is ‘n mini-sirkel, want dan moet al die motoriste kyk voordat hulle aanry,” sê Van Staden.

Van Staden het ‘n petisie opgestel en handtekeninge van inwoners in die omgewing gekry ter ondersteuning vir die oprigting van ‘n sirkel by die kruising. “Ek wil ‘n aksie begin om die mense bewus te maak oor wat hier aangaan.”

Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 072 435 7717.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:

Rekord East

Rekord North

Rekord Centurion

Rekord Moot

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook or follow us on Twitter.

  • We have exciting news! We’re offering a free alert to help you always be in the loop. Send an email with the word ‘Subscribe’ to breakingnews@rekord.co.za to receive your free daily breaking news update.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button