Community galleriesGalleriesLocal newsNewsNews galleries

Rylaan nou rooi ten bate van padveiligheid

Meer as ’n 100 Montana-inwoners het Sefako Makgatho-rylaan Maandagaand met rooi baniere en plakkate opgeruk om padveiligheid te bevorder.

Byna 100 besorgde Montana-inwoners het Maandagaand by Montana Crossing rooi baniere en plakkate vir padveiligheid in Sefako Makgatho-rylaan aangebring.

Dit vorm deel van ‘n veldtog bekend as Red=Stop nadat ‘n 20-jarige student, Tilani Pouwels, verlede Woensdag in ‘n motorogeluk in die rylaan dood is.

Chantel Hart, een van die organiseerders, sê DA-raadslid Arnold van Niekerk het ook ’n petisie opgestel wat inwoners onderteken het vir die oprigting van driefase-verkeerslig by sekere kruisings in dié rylaan.

“Ons wil Bakwena-tolmaatskappy ook by die projek betrokke kry. Ons voel  ons gemeenskap dra genoeg by tot tolgelde en dat hulle ons kan help om die rylaan te beveilig,” sê Hart.

Sy sê dat lede van die Sinoville-brandbestrydingvereniging (SBBV) ook by die projek betrokke is.

Inwoners kan plakkers vir hul motors by Minuteman Press koop om padveiligheid te bevorder.

“Die GPF was ook uitstekend tydens die hele projek. Ek wil net vir almal se betrokkenheid dankie sê en dat hulle elkeen  ’n verskil in iemand se lewe gaan maak of gemaak het,” sê Hart.

Lees ook:

Montana vat hande vir padveiligheid

Jong vrou sterf in Zambezi-ongeluk

Pretoria sussies sterf in ongeluk

Strafbare manslag ondersoek na vrou se dood in Zambesi ongeluk

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button