Local newsLocal sportNewsSport

Honderde stoeiers by toernooi

Die jaarlikse Johnny Reitz Big-5 stoeitoernooi is die afgelope naweek in Menlopark aangebied.

Koos Venter

Die hoofkwartier van Noord-Gauteng stoei in Menlopark was die afgelope naweek ‘n miernes van bedrywigheid toe die Johnny Reitz Big-5-toernooi vir die eerste keer in dié lokaal aangebied is.

Honderde stoeiers en hul ondersteuners het vanoor die hele land vir die toernooi opgedaag en die stoeisaal het uit sy nate gebars.

Die toernooi het oudergewoonte internasionale status gekry toe drie spanne van oorsee ook stoeiers ingeskryf het. Daar was ‘n span uit die VSA, uit Mauritius en ook ‘n span van Reunion-eiland.

Die organiseerders moes raakvat om deur die vol program te kom, maar plaaslike skeidsregters en beoordelaars het hul staal gewys om die toernooi suksesvol te laat verloop.

Die organiseerders van hierdie gewilde toernooi deel jaarliks medaljes aan wenners uit met die afbeelding van een van die Groot Vyf diersoorte in Suid-Afrika daarop afgedruk. Juis daarom staan die toernooi bekend as die Johnny Reitz Big-5-stoeitoernooi.

Vanjaar het die olifant aan die beurt gekom en medaljewenners kon later spog met hul mooi olifant-medaljes.

Die toernooi het stoeiers van die ouderdom o.8 tot by seniors gehuisves.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos naeditorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button