Local newsMunicipalNews

Vuil kanaal ‘n gesondheidsrisiko

Inwoners wil hê die Tshwane-metro moet die kanaal skoon hou en mense wat vulles daar stort te waarsku.

’n Booysens-inwoner is bekommerd oor die gesondheidsrisiko wat die kanaal in hul omgewing inhou.

Volgens inwoner, Nico Pretorius, is die kanaal is al vir jare lank besoedel en die Tshwane-metro doen niks om dit skoon te hou nie.

“Die metro maak nie die kanaal skoon nie. Die huise langs die kanaal behoort aan die metro, dit is huise vir minderbevoorregdes, maar hulle gooi rommel sommer oor die heining in die kanaal,” sê Pretorius.

Hy sê wat hom die meeste pla is dat daar kinders is wat in die besoedelde water in die kanaal speel.

“Dit is tog die metro se plig om die omgewing skoon te hou en die mense wat hul vullis in die kanaal stort te waarsku,” sê Pretorius.

“Die metro moet ondersoek instel oor die probleem en hulle sal sien wie die mense is wat rommel in die kanaal stort.”

Pretorius sê ander dele van die kanaal is erger as in Marketstraat. Hy sê Pretoriastraat is baie erg.

“Ek dink dit is swak dienslewering van die metro se kant. Hulle moet iets aan die probleem doen,” sê hy.

Rekord het ‘n navraag na die metro oor die probleem gestuur.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos naeditorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button