EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Beeskraal se Charlie bulk nou kansel toe

Die voorsanger van die rock-groep Beeskraal, Charles Smidt, het op die wyse ouderdom van 38 besluit die tyd is reg om kansel toe te stap. Hy en sy meisie, Natasha Hatting, het onlangs verloof geraak.

Die voorsanger van die rock-groep Beeskraal, Charles Smidt (38), en sy meisie van die afgelope drie jaar, Natasha Hattingh (38), het onlangs stil-stil in Kaapstad verloof geraak.

Hatting het die nuus Saterdagoggend op haar Facebook-blad gedeel: “Yeahh!!! Nou is ek nie meer net die “plus one”-metgesel nie.” Haar status is vergesel met ‘n foto van ‘n skitterblink verloofring.

Smidt, wat nou die mediaman van die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) is, het lank gewag voor hy besluit het om kansel toe te stap.

Smidt sê hy en Hatting het mekaar al op skool ontmoet. “Sy was die goeie girl en ek die metal head,” lag Smidt. “Sy het nie met my gepraat nie en ek dink ook nie sy het in my belanggestel nie, hoewel ek ‘n groot crush op haar gehad het.”

Na vele verhoudings – en selfs ‘n verbreekte verlowing – het Smidt sowat drie jaar gelede weer vir Hatting raakgeloop.

Dié keer was hy nie meer die “weird rocker” nie – Smidt het groot geword en Hatting het dadelik verlief geraak.

Hatting het ‘n seuntjie uit ‘n eerste huwelik en Smidt het hom ook “dadelik as ‘n eie kind aanvaar”.

Smidt sê hy en Hatting was vir ‘n wegbreekvakansie in die Kaap. “Ek het die verlowing goed beplan. Ek wou haar eintlik op die spits van Tafelberg gevra het om my vrou te word, maar toe het die sterk Kaapse winde my planne gefnuik. Ons het toe maar by die Waterfront ‘n sjampanje-ontbyt gaan eet. Ek was baie selfversekerd en was seker daarvan dat Natasha ja sou sê.”

Hatting het ja gesê…

Volgens Smidt beplan hy en Hatting nie ‘n gesin nie. “Dalk later, maar ek het mos ‘n gesin en dit pla my nie as ek nie my eie kind gaan hê nie. Natasha se seuntjie is so goed soos my eie.”

Die paartjie het in Pretoria Moot nesgeskop en beplan om op 16 April volgende jaar kansel toe te stap.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button