Local newsMunicipalNewsUpdate

Stadsraad doen glo niks om rioolpyp te herstel

Oorstromende riool wat die Tshwane metro vir maande lank nie herstel nie, 'n gesondheidsrisiko vir inwoners.

Inwoners van Claremont is erg teleurgesteld met die diens wat Tshwane metro nie aan hulle lewer nie.

Volgens inwoner Riana van Schalkwyk loop riool naby hul huis al vir jare oor en die metro doen niks om dit te herstel nie. Sy sê hulle sukkel al omtrent vyf jaar met die probleem.

“Die rioolpyp is omtrent 300m van ons huis in die veld. Die reuk wat daarvan kom is genoeg om enige mens siek te maak. Dit is nie lekker om kos te maak met die stank van riool in ‘n mens se huis nie,” sê Van Schalkwyk.

Sy sê sy het die probleem al baie by die metro aangemeld maar elke keer word vir haar gesê daar is nie geld om dit te herstel nie.

“In die begin van die jaar het ons weer die metro gebel en gekla. Hulle het ‘n inspekteur uitgestuur om te kom kyk en hy het vir my man gesê dat hulle nou niks daaraan kan doen nie want daar is nie geld om die probleem op te los nie.”

Van Schalkwyk sê verlede week was daar metrowerkers wat iets soos chloor oor die gebied gegooi het.

“Toe my man hulle vra wanneer gaan hulle die riool herstel, toe sê hulle vir hom dat hulle net opdrag gekry het om die poeier daar te strooi om iets aan die reuk te doen.”

Sy sê na die werkers poeier oor die riool gestrooi het was die reuk selfs erger.

“Ek hoop dat daar iets aan die saak gedoen kan word, want so kan dit nie aangaan nie.”

Rekord het ‘n versoek aan die metro gestuur om aan die probleem aandag te gee.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button