CrimeLocal newsNews

Boewe agter tralies na gemeenskap toeslaan

Gemeenskap help verdagte inbrekers agter trallies sit.

Corlia Kruger

Twee verdagte diewe is Donderdag op heterdaad betrap in ’n erf in Roseville na inwoners en die polisie toegeslaan het.

Die mans wat reeds met hangende sake van diefstal en huisbraak verbind kan word is Donderdagmiddag in hegtenis geneem na hulle met gesteelde items en inbraaktoerusting betrap is.

Lee-Anne Stols van Wonderboompoort GPF vertel die mans is in Bruinslaan voorgekeer.

Parktown Roseville-buurtwagpatroleerders het glo ’n verdagte voertuig, ’n silwer Renault, in die omgewing opgemerk.

“Die voertuig het by ’n erf in Bruinslaan stilgehou en een van die verdagtes het die hek oopgemaak om die motor in te trek,” bevestig Stols.

Die patroleerder en lid van die gemeenskap was bekend met die eienaars van die huis en het dadelik besef dat daar ’n slang in die gras is.

Lede van die buurtwag, GPF en polisie is dadelik gekontak.

Die GPF en die buurtwag het die twee verdagtes by die erf voorgekeer waar een met ’n koevoet in die hand en ’n ander gewapen met ’n pik gevang is.

“’n TV wat hul reeds by die voordeur van die huis uitgedra het is in die voertuig gevind, asook handskoene en inbraaktoerusting,” vertel Stols.

Beide is op die toneel in hegtenis geneem.

Hulle sal Maandag in die hof verskyn en daar word verneem dat een van die mans reeds met talle ander ernstige misdade verbind kan word.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button