CrimeNews

Gesin verloor alles toe huis afbrand

Die huurhuis was teen laatmiddag in puin.

’n Gesin van Theresapark het Maandag hulpeloos toegekyk hoe vlamme hul woonplek verswelg.

Die grasdakhuis in Springboklaan in die noorde van Pretoria was in ’n oogwink in ligte laaie nadat dit die oggend vlamgevat het.

Die Tshwane brandweer en nooddienste het ure gespook om die brand te blus. Die huurhuis was teen laatmiddag in puin.

Nooddienste en inwoners was vinnig op die toneel om vlamme te help blus wat aangejaag is deur sterk winde.

“Ons was vanaf 09:00 op die toneel besig om te help,” vertel inwoner Ilze Fourie van die plaaslike GPF-groepering, bekend as die Noord Aksie Groep (NAG).

Raadslede, bure en ander het ook onmiddellik op die noodoproep reageer.

DA-raadslid Dana Wannenburg het Fourie geloof vir haar dapperheid om ’n hond uit die brandende huis te red.

Fourie vertel dat lede van NAG ook die rookgevulde huis aangedurf om ’n paar van die gesin se besittings uit te kry.

“Ons kon wel net ’n hopie klere en ’n TV uitkry voor die brandweer opgedaag het en dit te gevaarlik geraak het om in die huis in te gaan,” sê Fourie.

“Ongelukkig het die mense ook voëltjies in ’n hok gehad in die erf wat ons nie kon red nie.”

Fourie sê sy het omstreeks 13:00 aan die toneel onttrek terwyl brandweer nog steeds gespook het om die brand te blus.

Inwoners het drinkwater aangedra en hulp verleen waar nodig.

“Dis ongelooflik om te sien hoe die mense onmiddellik reageer as mens vir hulp vra. Die vrou van die huis was kaalvoet en haar voete het op die warm grond gebrand,” vertel Fourie.

“Dit was nie eens ’n minuut na ons die gemeenskap vir hulp gevra het nie, toe stop daar ’n vrou met vier pare plakkies om te skenk.”

Sien video van brand:

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button