CrimeLocal newsNews

Lyk in straat gekry

’n Man se lyk is vroegoggend in Braam Pretoriusstraat gevind.

Corlia Kruger

’n Man is Dinsdagoggend dood aangetref in die noorde van Pretoria.

“Sy lyk is naby ’n winkelsentrum langs Braam Pretorius-straat by ’n lamppaal gekry,” sê ’n betroubare bron.

Sosiale media het gegons oor die oorsaak van dood nadat nuus oor ’n moontlike skietvoorval versprei is.

“Die polisie was op die toneel waar die man se lyk onder ’n blink kombers toegemaak is,” vertel een van die inwoners.

Sinoville-polisiewoordvoerder Mirna von Benecke sê daar was nie ’n skietery in die straat nie, maar wel een by Waterkloof.

DA-raadslid Ben Wannenburg sê aanduidings is dat die man raakgery is.

“Spoed is ’n baie groot probleem wat ons weereens moet aanspreek,” sê Wannenburg.

Polisie kon nie gerugte oor ’n tref-en-trap-ongeluk bevestig nie.

“Die polisie stel ondersoek in,” sê Von Benecke.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button