Corlia Kruger
Drie verdagte diewe is onlangs in hegtenis geneem nadat hulle ’n skoolseun in die noorde van Pretoria geteiken het.
Hy is in die middag in Braam Pretoriusstraat voorgekeer deur drie mense in ’n grys Nissan Micra.
Daar was twee mans en ’n vrou in die voertuig, en die seun is na die motor toe geruk aan sy skoolrugsak.
Sinoville polisiewoordvoerder, Mirna von Benecke sê hierdie was duidelik nie ’n poging tot ontvoering nie. Die diewe wou die seun se sak en selfoon hê.
Die drie het met sy selfoon gevlug, maar is later naby Wonderboom Juction voorgekeer waar hulle in hegtenis geneem is.
“Die seun kon hulle uitken by die polisiestasie,” vertel die bron.
Die seun was te voet op pad huis toe van ’n skool in Villieria toe hy voorgekeer is.
Polisie stel ondersoek in.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.
