CrimeLocal newsNews

Pieter Koen besteel na optrede

Pieter Koen is na ’n optrede in Rustenburg van klank- en beligtingtoerusting beroof.

Afrikaanse sanger Pieter Koen is van ’n sleepwa met klank- en beligtingtoerusting na ‘n optrede in Rustenburg beroof.

Hierdie teenspoed het Koen, wat ook die musiekprogram Jukebox op kykNET aabied, verlede week getref. Die sleepwa wat aan sy motor gekoppel was, het net verdwyn.

“Daar was geen ooggetuies of enigiemand wat na vore gekom het om te sê dat hulle iets gesien het nie,” het Koen aan Rekord gesê.

Teen Dinsdag was hy nog niks wyser oor die diefstal verlede Vrydagoggend nie.

Koen het die aand voor die diefstal sy motor naby ’n restuarant in Rustenburg parkeer, waar hy opgetree het.

Die volgende oggend was die sleepwa skoonveld. Daar is ook nie beeldmateriaal van ‘n veiligheidskamera om ‘n aanduiding te gee wie die sleepwa gesteel het nie.

Koen van die noorde van Pretoria sê dat hy het wel hulpvaardige reaksie gekry van die handelaar in gebruikte artikels Cash Crusaders, wat onderneem het om op die uitkyk te wees vir iemand wat sy toerusting probeer verkwansel.

Die polisie stel ondersoek in.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos naeditorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button