Twee gevang oor dwelms
Twee mense is in Orchards in hegtenis geneem nadat polisie op dwelms met 'n straatwaarde van R65 260 op beslag gelê het.
Corlia Kruger
Dwelms met ’n straatwaarde van sowat R65 260 is Woensdagoggend in die noorde van Pretoria gekry.
Danksy die wenk van ’n anonieme informant, het die polisie toegeslaan op ’n woning in Arugulastraat, Orchards, waar die dwelms gevind is.
Soshanguve se K9-eenheid en die Themba-polisie se intelligensie-eenheid was blitsvinnig op die toneel.
Twee mense, ’n 35-jarige man van Nigeria en ’n 27-jarige vrou, is aangekeer.
Die polisie het beslag gelê op ses pakke crystal meth, ’n pak onbewerkte cat, ’n pak kokaine, 16 kleiner sakkies cat, 50 kokaine-stukke en 1 060 pakkies heroine.
’n Skaal en kontant is ook op die toneel gevind.
Die man en vrou sal binnekort in die hof verskyn.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.
