Laerskool Magalieskruin kraai koning
Laerskool Magalieskruin se o.13-sagtebalspan het onlangs hul skool se naam hoog gehou.

Laerskool Magalieskruin se o.13-sagtebalspan het onlangs met die louere weggestap toe hulle die Tshwane-beker gewen en genooi is om aan die SA Schools-toernooi deel te neem.
Die toernooi het op 8 Desember begin en die span het as wenners teen spanne van die Oos-Kaap, Mpumalanga, Limpopo, Vrystaat en die Westelike Provinsie uitgetree.
Die span het uitstekend gevaar en die SA skole-kampioenskap met gemak gewen.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

