GalleriesNewsVideos

Kranskopdruiwefees se tent deur wind omgewaai

Sterk wind waai groot tent by druiwefees om.

Die Kranskopdruiwefees in Modimolle (Nylstroom) het gister ‘n terugslag ervaar toe ‘n groot tent deur sterk wind opgepluk en omgewaai is.

Die druiwefees se bemarker, Juanita Bester, sê daar was mense wat ’n paar ligte beserings opgedoen het.

“Een bejaarde vrou is vir behandeling hospitaal toe geneem. Ons het vanoggend (9 Januarie) vasgestel dat sy geen ernstige beserings opgedoen het nie, en dat sy goed aansterk,” sê Bester.

‘n Video wat op Facebook geplaas is wys hoe benoude feesgangers weg van die tent hardloop terwyl die wind dit rondpluk en weerlig in die agtergrond slaan.

Bester sê die tent is weer opgeslaan en die fees is voluit aan die gang.

“Ongelukkig is dit die natuur en sulke voorvalle kan nooit heeltemal verhoed word nie,” sê sy.

 

Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:

Rekord East

Rekord North

Rekord Centurion

Rekord Moot

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram.

  • We have exciting news! We’re offering a free alert to help you always be in the loop. Send an email with the word ‘Subscribe’ to breakingnews@rekord.co.za to receive your free daily breaking news update.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button