NewsSchools

Oos-Moot matrikulante is tops

Hoërskool Oos Moot se matrieks het uitgeblink in 2015.

Corlia Kruger

Hoërskool Oos-Moot kan spog met ’n matriekslaagsyfer van 99,6% verlede jaar en ’n algehele slaagsyfer van 99,3% vir die 1 350 leerlinge in die skool.

Nie minder nie as 232 onderskeidings is behaal.

Charene Agenbach het gesorg vir 10 van hierdie onderskeidings.

As die skool se topstudent slaag sy met ’n gemiddeld van 92,3%. Haar vakke sluit in: Afrkaans huistaal (94%), Engels eerste addisionele taal (92%), wiskunde (93%), lewensoriëntering: (97%), rekeningkunde: (93%) besigheidsstudies (84%), lewenswetenskappe (93%), fisiese wetenskappe (91%), toerisme (97%) en alfa wiskunde (89%).

Dié uitblinker sê sy gaan medies studeer aan die Universiteit van Pretoria.

“Ek wil graag spesialiseer en oorweeg op die oomblik pediatrie,” sê sy. “Ek hou daarvan om te skryf en sal graag eendag ’n boek of twee wil publiseer.”

Bianca Ferreira val ook onder die drie toppresteerders. Sy maak haar skool trots met agt onderskeidings en ’n uitstekende gemiddeld van 93%.

Haar vakke sluit in: Afrikaans huistaal (89%), Engels eerste addisionele Taal (91%), wiskunde (91%), lewensoriëntering (94%), rekeningkunde (94%), inligtingstegnologie (95%), musiek (92%) en fisiese wetenskappe (98%).

“Vir nou wil ek ’n graad in ingenieurswese by Tuks verwerf, my pa ’n bietjie help met sy besigheid en een of ander tyd ’n vakansie oorsee hou,” sê Ferreira oor haar planne vir die toekoms.

Nog een van die skool se topmatrikulante 2015 is Danielle Jordaan.

Sy slaag met ’n gemiddeld van 92,7% en is ook van plan om medies aan die Universiteit van Pretoria te studeer. Sy wil graag ’n chirurg word.

Die skool sê baie geluk aan al hul top studente.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ nabreakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button