Skole laat ‘Beauty and Beast’ herleef
Afrikaanse Hoër Meisieskool bied vanjaar in samewerking met Afrikaanse Hoër Seunskool Walt Disney se Beauty and the Beast aan. Ons het by die leerlinge gaan inloer en ’n paar vrae aan die verskillende hoofrolspelers gestel: Hoekom dink jy vind B & B soveel aanklank by alle ouderdomsgroepe? Jeanie Middel (Belle), wat die rol van die …
Afrikaanse Hoër Meisieskool bied vanjaar in samewerking met Afrikaanse Hoër Seunskool Walt Disney se Beauty and the Beast aan.
Ons het by die leerlinge gaan inloer en ’n paar vrae aan die verskillende hoofrolspelers gestel:
Hoekom dink jy vind B & B soveel aanklank by alle ouderdomsgroepe?
Jeanie Middel (Belle), wat die rol van die nimlike Beauty vertolk: “B & B is vol wondelike en snaakse karakters. Dit is ’n verhaal waarin karakters hulself vind, ’n liefdesverhaal en terselfdertyd gevul met baie humor.”
Nicolas du Plessis in die rol van Monsieur d’Arque, die hoof van die malhuis die Maison de Lunes: “Die meeste mense ken die storie van B & B en dit is een van die mees geliefde kinderverhale.”
Wat is die lekkerste deel van die rol?
Ruan van der Merwe , die Beast: “Om op almal te skreeu.”
Nicolas du Plessis (Monsieur d’Arque): “Om een van die antagoniste van die musiekspel te vertolk en sy vreemde eienskappe voor te stel.”
Kian Kunz (Chip) die teekoppie: “Dit is ’n geliefde karakter en die storie en almal dink ek is ‘cute’.”
Jana Smit (Mrs Potts) die teepot: “Ek sing die temalied Beauty and the Beast. En dra die oulike teepot kostuum.”|
Help dit dat julle mekaar reeds ‘n geruime tyd ken?
Esri Cronje, Anneke van der Walt en Angie Vosloo (Silly girls): “Ja, dit help ons om beter te ‘bond’.”
Is dit pret om jou rol te vertolk?
Gareth Lubbe (Cogsworth) die hoof van die kasteel: “Dit is baie pret! Tydens die produksie het ek baie nuwe vriende gemaak. Dit is ook baie lekker om mens in te leef in ’n karakter wat anders is as jyself.”
Leila de Villiers (Madame De La Grande Bouche) die klerekas: “Dit is vreeslik lekker om die rol te vertolk maar dit is terselfdertyd ’n uitdaging om my bes te doen in die rol.”
Janilna Purchase (Lumiére) ’n sjarmante chauvinis: “Verseker! Dit voel nie soos werk nie. Heeltyd speeltyd!”
Wat is jou eerste herinnering van die verhoog?
Jonathan Britz (Le Fou) Gaston se ‘sidekick’: “My laerskool se revue optredes in die Staatsteater.”
Richard Jansen (Gaston): “Toe ek gebore is, want Shakespeare sê die lewe is ‘n ‘stage’.”
Het jy weer na Beauty and the Beast gekyk voor jy jouself voorberei het vir die rol?
Anke Odendaal (Madame De La Grande Bouche) die klerekas: “Ja, ek het die fliek so ’n paar keer weer gaan kyk.”
Julle gaan die produksie in die Staatsteater opvoer, hoe voel julle daaroor?
Inge Breytenbach (Babette) die verestoffer: “Ek is definitief opgewonde oor die staatsteater. Ek is versot op die verhoog en dit gee ons ‘n gevoel soos geen ander nie.”
Jana Smit (Mrs Potts) die teepot: “My maag draai behoorlik as ek daaraan dink!”
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.