NewsSchools

Oosies spog met akademiese prestasies

Oos-Moot leerders en ‘n personeellid word vereer vir uitstaande akademiese prestasies en die skool spog met hul Dux-leerders.

Verlede jaar se leerlinge in Hoërskool Oos-Moot van graad 8 tot 11 en ’n personeellid is onlangs vir uitstaande akademiese prestasies vereer.

Die topleerlinge in elke graad was Hannelie Ros (graad 11) met ’n gemiddeld van 92.4%, Jacqueline Jansen van Rensburg (graad 10) met ’n gemiddeld van 96.6%, Allison Tribelhorn (graad 9) met ’n gemiddeld van 93.5% en Mareli Mostert (graad 8) met ’n gemiddeld van 95.2%.

Marietha Edwards is aangewys as die distrik se beste ekonomie-onderwyseres in graad 12. Graad 10-leerling Marlene Pretorius is as die beste Afrikaanse-leerling in die distrik aangewys en graad 12-leerling Charene Agenbach as die beste leerling in die distrik.

Bianca Ferreira het ’n toekenning ontvang vir die vierde-beste graad 12-leerling in die distrik en Danielle Jordaan was die vyfde-beste graad 12-leerling in die distrik.

Susan-Marie Boshoff is gekies as die beste graad 12-leerling in wiskundige geletterdheid en Julie Marais is die beste graad 12-leerling in sakestudies.

Die skool spog veral met Armand Brits (graad 12) wat 95% behaal het in die UNISA-musiekeksamen in 2015. Hy is op UNISA se ererol vir musiek geplaas.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ nabreakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button