Atleet blink uit
Drie leerlinge aan Hoërskool Zwartkop het onlangs puik in atletiek gevaar. Simonay Weitsz (graad 11) het eerste plek in die 800m en 1 500m-middelafstand tydens die Bethal Top 10-atletiekbyeenkoms behaal terwyl Werner Visser (graad 12) as kampioen in die 2015 o.17 Afrika-kampioenskap in diskus, o.17 Wêreldkampioenskap in diskus en o.17 Statebond-kampioen in diskus koning gekraai …
Drie leerlinge aan Hoërskool Zwartkop het onlangs puik in atletiek gevaar. Simonay Weitsz (graad 11) het eerste plek in die 800m en 1 500m-middelafstand tydens die Bethal Top 10-atletiekbyeenkoms behaal terwyl Werner Visser (graad 12) as kampioen in die 2015 o.17 Afrika-kampioenskap in diskus, o.17 Wêreldkampioenskap in diskus en o.17 Statebond-kampioen in diskus koning gekraai het.
Nadia Steynberg (graad 8) is ook as beste baanatleet met ‘n wentyd van 02:20 in die 800m vir meisies o.14 gekroon. In die daaropvolgende week word sy tydens die Top 10-byeenkoms, aangebied deur Hoërskool Noordheuwel by die Universiteit van Johannesburg, as beste Junior baanatleet met ‘n wentyd van 02:16.00 aangewys.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.


