Local newsLocal sportNewsSport

Tennis-ster skitter helder

Zané Pretorius van Laerskool Magalieskruin blink uit as tennis-ster.

Met haar oog op die bal, dans-dans sy oor die tennisbaan.

Zané Pretorius ’n graad 7-leerling by Laerskool Magalieskruin is onlangs as wenner tydens die Zambesi-tennisklub se kampioenskap in die meisies o.13-afdeling gekroon.

Dié voormalige hokkiebokkie pryk nou as een van die beste tennisspelers in haar ouderdomsgroep.

Sy is op 9 April tydens ’n prysuitdeling by die klub vir haar prestasie vereer.

Sy het teen talle ander spelers van verskeie skole in Pretoria deelgeneem en het met die eerste prys weggestap.

“Ons is baie trots op ons meisiekind,” sê haar oupa, Hennie Malan.

Hy spog met sy kleindogter se verskeie prestasies en sê sy behaal haar sukses deur harde werk en ’n passie vir die sport.

Pretorius blink ook uit in akademie by haar skool en sê sy wil nou meer op net tennis en haar skoolwerk fokus.

Saam met afrigter Danie Strydom van Lifstyle C Tennis Akademie, sê Malan kan sy kleindogter net hoër reik na die sterre.

Die super tennisster beloof om nog baie trofees huis toe te bring.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button