Local newsNewsSchools

Laerskool Pierneef spog met atletiekster

Jong atleet van die Moot skitter by nasionale kampioenskap.

Joané Gerber van Laerskool Pierneef het onlangs deelgeneem aan die SA primêre skole-atletiekkampioenskap.

Die byeenkoms is in Port Elizabeth gehou van 10 tot 12 Maart

Gerber het op ‘n nat en winderige Madibaz-stadion met ‘n silwer medalje vir verspring weggestap nadat sy 5.20m gespring het. Sy het aan die o.13 kategorie vir dogters deelgeneem.

Gerber het twee jaar gelede ernstig begin oefen, maar het weens ‘n besering nie verlede jaar deelgeneem nie.

Dit het haar egter nie ontmoedig nie en het sedertdien tydens elke byeenkoms verbeter.

Sy het vanjaar voor die nasionale kampioenskap al haar byeenkomste gewen en in verspring by elke byeenkoms rekords verslaan.

Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:

Rekord East

Rekord North

Rekord Centurion

Rekord Moot

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram.

  • We have exciting news! We’re offering a free alert to help you always be in the loop. Send an email with the word ‘Subscribe’ to breakingnews@rekord.co.za to receive your free daily breaking news update

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button