Leerlinge se tasse weg na inbraak
Die leerlinge se besittings is vermoedelik uit ’n klaskamer gesteel.
Ses leerlinge se skooltasse is glo tydens ’n inbraak by ’n skool in die noorde van Pretoria gesteel.
Die boodskap oor ’n inbraak by Laerskool Voortrekker Eeufees het soos ’n veldbrand op sosiale media versprei nadat die tasse van leerlinge gebuit is.
“Ons wag nog vir vingerafdrukuitslae en die polisie-ondersoek duur voort,” het die skoolhoof Gerhard Claassen Donderdagoggend aan Rekord gesê.
Hy wou nie uitbrei oor hoe die inbrekers toegang tot die skool gekry het nie en sê meer inligting is deel van die polisie-ondersoek.
Die leerlinge, wie se besittings as vermis aangemeld is, het blykbaar hul tasse in ’n klas by die skool gelos.
Die inbraak het vermoedelik die vorige dag plaasgevind.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ nabreakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.
