NewsSchools

Oosies blink uit in wetenskap

Leerders van Hoërskool Oos-Moot het onlangs met verskeie pryse weggestap tydens ‘n wetenskap kompetisie.

Leerlinge van Hoërskool Oos-Moot het onlangs uitgeblink in ’n wetenskap-kompetisie van die Tshwane Universiteit van Tegnologie.

Die ingenieursfakulteit het die kompetisie aangebied waarin die leerlinge twee eerste plekke, vier tweede plekke en ’n derde plek behaal het.

Stefan Beukes, Ruhan Potgieter en WP Struweg het eerste geëindig in die afdeling vir elektriese ingenieurswese met 270 uit ’n moontlike 300 punte.

Die ander wenners was Timothy Cloete, Danelle Botha en Allison Tribelhorn, wat eerste in die polimeertegnologie-afdeling geplaas is.

Hulle het ’n selfoonomhulsel gebou uit afvalmateriaal met ingeboude sonlaaier.

Vier groepe het tweede plekke behaal.

Groep een was Willie Jansen, Reinier Vos en Francois Bornman met ’n produksie-aanleg vir chemiese ingenieurswese.

Die tweede groep het bestaan uit Chané Agenbach en Zani Botes met ’n bestuursplan vir boukunde.

Groep drie was Stefan Beukes en Rechard Höllhumer met ’n “Hovercraft” vir meganiese ingenieurswese.

Die vierde groep, Melissa Buys, Bianca Maree en Jolinda Bezuidenhout, het ‘n prys gewen met ’n 3D-ontwerp van meubels.

Die groep wat derde plek behaal het, was Reynard Erwee, Dené Visser en Anneke Moes met ’n waterfiltrasiesisteem.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ nabreakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button