Local newsNewsSchools

Jong fietsryer spog met lys van prestasies

Die Graad 5 leerder van Laerskool Pierneef is glo ‘n kranige fietsryer.

’n Graad 5-leerling van Pretoria het onlangs ’n bergfietswedren van 24 uur met gemak kafgetrap.

Die 11-jarige Hannes Strydom van Laerskool Pierneef het deelgeneem aan die Southern Sky-wedren as deel van Eduplex Hoërskool se span.

Hy het twee dagskofte en ’n nagskof voltooi.

Hannes het vyf rondes van 9km elk voltooi met ’n gemiddelde tyd van 27 minute per ronde.

Vroeër vanjaar het hy weggestap met die eerste plek in die Sprockets-bergfietswedren in Januarie en Februarie.

Ook op sy kerfstok is items soos die Modderfontein- en Enzemvello-wedren.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button