Sluipslaper dreig vrou met speelgoedgeweer
Omdat speelgoedgewere deesdae baie eg lyk, is dit moeilik om te bepaal of ’n vuurwapen regtig die ware Jakob is.
’n Vrou is vroeër vandeesweek deur ’n sluipslaper met ’n speelgoedgeweer in die Moot gedreig.
Clint Sulter, ondervoorsitter van die Exco vir die Moot GPF, sê dit het in die omgewing van die spruit tussen 14de en 15de laan gebeur.
“Die vrou het verby die spruit geloop toe sy ’n man sien het wat oënskynlik besig was om ’n skootrekenaar uitmekaar te breek. Dit was naby die brug,” sê Sulter.
Die vrou het die man genader en gevra waarmee hy besig is.
“Hy het ’n speelgoedgeweer op haar gerig. Die vrou het nogal groot geskrik omdat sy gedink het dit was ’n regte vuurwapen.”
Sulter sê die GPF moedig die publiek aan om speelgoedgewere in stukke op te breek voordat hulle dit in die asblik gooi, of om speelgoedgewere te skenk aan minderbevoorregte kinders.
“Speelgoedgewere kan maklik gebruik word om mense te beroof. As ’n geweer op jou gerig word, is daar nie tyd om te kyk of dit ’n regte vuurwapen is nie.”
Hy sê omdat speelgoedgewere deesdae baie eg lyk, is dit moeilik om te bepaal of die vuurwapen die ware Jakob is.
“Ons moedig ook die publiek aan om nie die sluipslapers in die omgewing van die spruit te nader nie.”
Sulter sê van die sluipers kan onder die invloed van alkohol of dwelms wees en dit maak hulle onvoorspelbaar.
“Ons weet mense hou daarvan om langs die spruit met hul honde te gaan stap, maar ons moedig inwoners aan om altyd op hul hoede te wees in hierdie plekke.”
Luister na die klankgreep:
Lees ook:
Talle in hegtenis geneem tydens Moot polisieoperasie
Amputasie vier jaar ná slangpik
Kabeldiewe loop hul rieme styf in Moot
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.
