CrimeLocal newsNews

Saak oor pastoor se moord duur voort

Die hof het gehoor hoe Visser met ’n klapmus en ’n vuisyster by die paneelklopper opdaag.

’n Jong man sal Donderdag terug in die Pretoria-landroshof wees oor die onlangse moord op ’n vrouepastoor van die Moot.

Die 28-jarige Stefan Visser, die vermoorde pastoor Elsabe van Niekerk se voormalige skoonseun, is van die moord aangekla.

Slotbetoë sal na verwagting gelewer word en verdere bewyse sal aan die hof voorgelê word waar van toepassing.

Van Niekerk se lyk is op 11 April 2016 in Gezina by ’n paneelklopperonderneming aangetref nadat sy 31 keer met ’n mes gesteek is.

Visser is dieselfde dag in Rietdondale in hegtenis geneem.

In een van sy hofverskynings was daar genoem dat Visser getroud was met die vermoorde pastoor se dogter Leandri.

Die staat voer aan dat Visser se skoonpa die dag voor Van Niekerk se moord met hom in ‘n argument was omdat hy nie sy vaderlike verpligtinge nakom nie.

Die volgende dag het Visser en Van Niekerk oor dieselfde onderwerp rusie gemaak.

Die hof het gehoor dat Visser by die paneelklopper met ’n klapmus en ’n vuisyster opgedaag het.

Dit was glo toe dat hy Van Niekerk doodmaak.

Rekord sal verder verslag doen oor die saak namate meer besonderhede in die hof aan die lig kom.

Lees ook:

Skoonseun verskyn in hof na moord op geliefde pastoor

Vermoorde pastoor se skoonseun aangekla

Verdagte vas na moord op geliefde pastoor

Familielid vas na moord op pastoor

Brutal murder hits Moot

Mutilated woman found dead

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ nabreakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button