Dwelmhandelaar in die Moot vasgetrek
Lede van die Moot-polisie het ’n Nigeriër buite Melgisedek opgemerk wat dwelms wou smous.
’n Man is Vrydagoggend in die Moot vir dwelmhandel en -besit in hegtenis geneem.
Die 31-jarige Nigeriese man het lede van die Moot-polisie se aandag getrek toe hy buite die berugte Melgisedek-gebou in ’n wit Volkswagen Polo gesit het.
Toe die polisie hom nader om ondersoek in te stel, het die man weggejaag.
Moot-polisiewoordvoerder adjudant-offisier Anton Breedt sê die polisie het hom agternagesit.
“’n Jaagtog het in Steve Bikoweg ontstaan waarna ander polisielede die voertuig op die hoek van Steve Bikoweg en Fred Nicholsonstraat voorgekeer het.”
Die man is ondervra en polisie het hom en sy motor deursoek.
“Sowat 30 pakkies heroïen is aan sy liggaam en in sy broeksakke gevind,” sê Breedt.
Volgens Breedt was die dwelms bestem vir ’n dwelmverkoper in Melgisedek.
“Die pakkies verkoop teen R30 elk. Die dwelms se waarde is R900.”
Die man word vir dwelmhandel en die besit daarvan aangehou.
Lees ook:
‘Groen strook’ in gedrang oor onwettige ingang
Moot-tiener gedra voor operasie
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

