’n Leerling van Laerskool Pierneef kraai koning as dit kom by akrobatiese oefeninge.
Die 12-jarige Lize Janeke het verlede maand aan die Noord-Gautengse akrobaatkampioenskappe deelgeneem en ’n derde plek in haar kategorie behaal.
Janeke sou ook aan die interprovinsiale kampioenskappe in Junie deelneem.
Die graad 7-leerling kwalifiseer sedert haar deelname aan akrobatiese oefeninge nog elke jaar vir Noord-Gauteng-kleure.
Janeke beoefen die sport al sedert sy in graad R is en sê haar eerste blootstelling aan die sport was per toeval.
Toe die afrigter die sport by die kleuterskool kom aanbied, het Janeke haarself ingeskryf.
Haar ma het dit eers ses maande later agtergekom toe die instrukteur aan haar ’n foto van ‘n klas in aksie stuur.
Janeke is ’n kranige sportvrou wat hou van atletiek, landloop, netbal, sagtebal en swem.
Tussen alles deur kry sy ook tyd om in die skool se seniorkoor te sing en haar huiswerk te doen.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ nabreakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.
