CrimeLocal newsNewsUpdate

Mangat-moord verdagtes weer in hof

Die vier het in die hof verskyn op aanklag van die moord op ‘n oud-polisieman van die Moot.

Vier mense het Dinsdag in die Pretoriase landdroshof verskyn oor die onlangse moord op ’n oud-polisieman van die Moot

Sy voormalige vriendin Estelle Reddy (36), haar huidige vriend Gerhardus Papenfus (41) staan saam met Kevin Johnson (29) en Ruvan Regionald Furst (42) tereg op aanklag van moord.

Die saak is Dinsdag uitgestel tot 29 September vir verdere ondersoek en die vier bly in aanhouding.

Danie Dreyer (64) is in Maart vanjaar in sy huis in Villieria vermoor.

Die vier se aansoek om borgtog is in Mei geweier.

Reddy het haarself op 4 April aan die Villieria-polisie oorhandig in verband met die moord op Dreyer.

Sy het die polisie na Dreyer se huis gebring waar hy op 28 Maart vermoor is, glo oor ’n dispuut oor geld.

Reddy het speurders na ’n adres in Flowersstraat, Capital Park, gelei waar Dreyer se lyk in ’n mangat gelaat is.

Dreyer se lyk is glo daarheen gebring met die hulp van Papenfus, Johnson en Furst. Suur is toe oor die lyk gestrooi in ’n beweerde poging om van bewyse ontslae te raak.

Papenfus is kort na die vonds van Dreyer se lyk vasgetrek terwyl Johnson op 6 April in Eersterust in hegtenis geneem is.

Furst het homself op 12 April aan die polisie oorhandig.

Dreyer se seun het aan Rekord bevestig dat sy pa langer as 20 jaar ’n luitenant-kolonel in die polisie was. Hy het by die polisie-hoofkantoor gewerk.

Nadat hy die polisie verlaat het, het hy die onderneming Jakaranda Grafstene by sy pa gekoop.

Dreyer het die onderneming langer as 20 jaar besit en bedryf.

Dreyer was sy hele lewe ’n inwoner in die Moot.

Hy laat drie seuns en ’n dogter na.

Lees ook: 

Oud-polisieman dood in die Moot gevind

Oud-polisieman finaal gegroet

Vierde verdagte in Dreyer-moordsaak handig homself oor

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ nabreakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button