CrimeLocal newsNews

Kabels gesteel in Kilnerpark

"Kabeldiefstal is 'n kwessie wat dringend aangespreek moet word."

Kabeldiewe het verlede week in Kilnerpark toegeslaan.

Volgens Kilnerpark Sekuriteit se woordvoerder, Ancelize Van der Kooi, is ’n oproep ontvang dat kabels tussen Annie Botha- en Rosestraat gesteel word.

“Toe een van ons sekuriteitsbeamptes daar opdaag, was ’n kabel weg.”

Nie lank daarna nie, het iemand geskakel en oor vyf mans geklee in uniforms. Hul voertuig was in 12de Laan.

Toe die mans besef dat hulle opgemerk is, het hulle voet in die wind geslaan.

Gesteelde kabels is in hul voertuig gekry en die diefstal is onder die polisie se aandag gebring, sê Van der Kooi .

Hierdie was die derde geval binne ’n maand van kabeldiefstal wat al jare ’n probleem in die Moot is.

Raadslid Elma Nel sê: “Kabeldiefstal is ‘n kwessie wat dringend aangespreek moet word.”

Hierdie soort misdaad is veral algemeen in Capital Park.

Op 26 Augustus was daar ‘n poging tot kabeldiefstal op die hoek van De Beer Straat en 17de Laan in Wonderboom Suid.

Polisiewoordvoerder Tumisang Moloto sê van die verdagtes het weggehardloop toe hulle betrap word.

“Twee het weggekom, terwyl die ander een nie meer kon hardloop nie. Daar word beweer hy met ‘n mes op veiligheidswagte afgestorm het nadat hy gewaarsku om die wapen neer te sit.”

Die man is geskiet en is op die toneel dood verklaar.

Nog ‘n poging tot kabeldiefstal was vroeër verlede maand in Capital Park, vertel GPF-lid Marius van Rooyen.

Die verdagte was in ‘n motorongeluk betrokke toe hy probeer wegjaag het.

Kabeldiefstal by Laura Taut by die Capital Park-GPF se noodnommer 072-289-9925 aangemeld word.

Lees ook: 

Krag herstel na kabeldiefstal

Kabeldiefstal steel ‘n lewe

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button