Akasia-egpaar uitgeken na dodelike rusie
Paramedici het die egpaar op die toneel aangetref en albei dood verklaar.

’n Paartjie van Akasia is Dinsdag uitgeken nadat hulle verlede week dood in hul huis aangetref is.
Die polisie sê André Nortje het vermoedelik sy vrou Mirinda in ’n huishoudelike rusie doodgeskiet voordat hy die vuurwapen gebruik het om selfmoord te pleeg.
“’n Nadoodse ondersoek is die volgende stap,” sê woordvoerder Kaptein Matthews Nkoadi.
Noodspanne van Netcare911 is Vrydagaand omstreeks 18:00 na die huis in Mainstraat ontbied.
Paramedici het die egpaar op die toneel aangetref en albei dood verklaar. Die vuurwapen waarmee hulle geskiet is, het langs die man se lyk gelê.
’n Anonieme vriend van die paartjie sê: “Ek kan nie glo dat André dit sou doen nie. Dit kon eerder mense wees wat ingebreek het…”
Sy sê André was ’n familieman en het twee kinders uit ’n vorige huwelik.
Lees ook:
UPDATE: Murder and suicide in the North
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ nabreakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.
