CrimeNews

Huisbraak in Kilnerpark

“Een verdagte was vasgetrek, maar die ander een het ongelukkig weg gekom."

Twee mans het onlangs by ’n huis in Kilnerpark ingebreek.

Volgens Kilnerpark Sekuriteit se woordvoerder, Ancelize van der Kooi het hulle toegang tot die huis in Slaterstraat gekry deur twee vensters te breek.

“Albei verdagtes het in verskeie erwe gespring nadat hulle een van ons voertuie opgemerk het,” sê sy.

“Een verdagte is vasgetrek, maar die ander een het ongelukkig weggekom.”

Kilnerpark Sekuriteit waarsku inwoners om altyd veilig te bly tydens ’n inbraak.

“Deur jouself geestelik voor te berei, kan jy vinnig optree,” sê Van der Kooi.

“Dit sal jou kanse verhoog om die inbrekers te vang en jou besittings terug te kry.”

Van der Kooi sê inwoners moet altyd die volgende vyf stappe onthou wanneer daar by hulle ingebreek word:

– Bel dadelik jou naaste polisiekantoor.

“Hierdie moet inbraakslagoffers se eerste prioriteit wees. Hoe langer mense wag, hoe moeliker gaan dit wees om die verdagtes te vang.”

– Skryf so gou as moontlik al die besonderhede neer.

“Skryf alles neer wat jy van die inbraak kan onthou voordat jy vergeet. Dit sal die polisie help om die skurke vas te trek.”

“Dit is ook belangrik om te onthou om nie die toneel te steur todat die polisie nie daar was nie.”

– Open ’n saak by die polisie.

– Dien ’n eis by jou versekering in.

“Mense vergeet baie van versekering. Sodra jy jou saaknommer het, kontak jou versekering.”

– Identifiseer die swakpunte in jou sekuriteit en stel dit reg.

Vir meer inligting besoek Kilnerpark Sekuriteit se webtuiste kilnerparksecurity.co.za

Also read:

Residents furious over state house conditions

 

Several arrested in police bust

Arrests made in high density operation

Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:

Rekord East

Rekord North

Rekord Centurion

Rekord Moot

For more news and interesting articles, like Rekord onFacebook, follow us on Twitter or Instagram.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button