CrimeLocal newsNews

Familie wag steeds vir antwoorde na moord

Sy pa is tot vandag toe oortuig dat sy seun deur ‘n sluipmoordenaar geskiet is.

Dit is al meer as ‘n jaar nadat Jury Hayes junior by sy besigheid in Pretoria-Wes geskiet is, en niemand is al in hegtenis geneem nie.

“Tot vandag toe is die moordenaars nog nie gekry nie en ons is moedeloos,” sê die pa van die slagoffer, Jury Hayes senior.

“Ek het al vir hulle (polisie) moontlike leidrade gegee, maar dit word nie opgevolg nie. Die Pretoria-Wes polisiestasie het elke keer verskonings as ek hulle skakel,” sê Hayes senior.

Hayes senior is bereid om ‘n R200 000 beloning te betaal vir enige inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming en skuldigbevinding van die mense wat betrokke was.

Die moord van Jury Hayes junior op 2 Maart 2015 het die mense van Pretoria-Wes geruk.

Hy is by sy besigheid, Toyco Motor Spares in Soutterstraat doodgeskiet.

Volgens die polisie is hy tydens ‘n rooftog in die rug geskiet. Hy was 40 jaar oud.

Sy pa is tot vandag toe oortuig dat sy seun deur ‘n sluipmoordenaar geskiet is.

“Drie dae voor sy dood het hy my gebel en gesê dat hy bang is en hy vrees vir sy lewe.”

Volgens Hayes senior het die moordenaars niks gesteel nie.

“Toe hy by ontvangs vanuit die agter jaard by sy besigheid in stap het hulle hom geskiet en van die toneel af weggejaag.”

Enkele minute voor Hayes junior se moord is die bestuurder van Pretoria Chicken and Meat is die oggend vermoor toe hy op pad was om die naweek se geld van die slaghuis in die bank te deponeer. Louis du Toit is geskiet toe hy uitstap. Hy was 29 jaar oud.

Sy aanvaller het met die geldsak verdwyn.

Die moordsaak van du Toit was twee maande terug onttrek by die hooggeregshof in Pretoria nadat die staatsgetuie vermoor was voordat hy kon getuig.

“Jury was lief vir die veld, diere en die see. Ons glo hy het 80 jaar gelewe in sy 40 jaar,” sê sy pa.

Kommentaar word vanaf die Pretoria-Wes polisiestasie verwag.

 

Lees ook:

Pta-Wes moordenaars op video

Business manager shot dead

Second man killed in robbery at business

Moordenaars steeds op vrye voet

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button