CrimeLocal newsNews

Rekenaar-dief buite skool platgetrek

“Hy het by die klaskamer ingestap en aan leerlinge gesê hy is daar om hul juffrou se rekenaar te kom haal.”

’n Dief het Donderdagoggend sy rieme styf geloop nadat hy toegang verkry het tot ’n skoolperseel om ’n skootrekenaar te steel.

Hy het omstreeks 07:30 by ’n klaskamer van Laerskool Danie Malan in Pretoria-Noord ingeglip.

“Hy het by die klaskamer ingestap en aan leerlinge gesê hy is daar om hul juffrou se rekenaar te kom haal,” sê Crystal van den Berg van die Crime Busters North groep.

Sien beeldmateriaal:

“Die onderwyser was in ’n vergadering voor die klas se amptelike begin. Nadat die man uit is met die skootrekenaar het een van die leerlinge ’n ander onderwyser vertel wat gebeur het.”

Van den Berg sê skoolpersoneel het vinnig reageer.

“Daar is ’n boodskap op ons groep gedeel oor die diefstal en ’n soektog na die dief is op tou gesit. Die dief is uiteindelik naby Maximum-sekuriteit se kantore digby die skool aangekeer,” sê sy.

“Almal wat saamgewerk het – Danie Malan Crime Group, ouers, polisie, K9 honde-eenheid en Maximum-sekuriteit – het gehelp dat die dief vinnig gevang is en die skootrekenaar teruggebring is na die skool.”

’n Boodskap van die skool lees:

Die skool het reeds die volgende in plek:

– CCTV kameras in klasse en op terrein
– wagte by al die hekke in die oggende tot die skool begin
– puntdiensbeamptes by elke kruising
– personeel op diens van 07:00 tot 08:00 – dus voor die skool vir die juniors begin.

Die insident het gebeur voor die skool begin m.a.w. die hekke was nog oop. Ons laat ouers toe om hul kinders te vergesel na die gebied waar hul, hul tasse mag sit.

Die volgende reels geld:

– Geen ouer mag op die stoepe wees nie.
– Die hekke is gesluit gedurende die dag.
– Ons het ‘n sekuriteitsbestuurder wat die skool se Crime Buster Whatsapp groep beman en van 06:30 – 15:00 op die terrein is.
– In die aande is daar ‘n nagwag en oor naweke is daar ʼn dag en nagwag
– Toegang gedurende skooltyd is slegs by Koos de La Reystraat by die kantoor.

Ons het reeds die volgende gedoen:

– Die vier leerders wat betrokke was, het klaar berading ontvang.
– Die klas is deur ons Spelterapeut toegespreek.

Ons sal Maandag tydens saalopening aan die leerlinge verduidelik wat om te doen indien ʼn soortgelyke en ander voorvalle sou plaasvind.

Ons sal ‘n dringende sekuriteitsvergadering hou en u inlig wat ons beplan. Ons sal definitief die toegangsbeheer opskerp.

Indien u enige voorstelle het epos na hoof@daniemalan.co.za

Lees ook: 

Akasia-egpaar uitgeken na dodelike rusie

Vrou, ma en suster betreur na ongeluk

Kind leef dae saam met ma se lyk

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ nabreakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button