In ’n wrede voorbeeld van dieremishandeling is ’n hond en haar werpsel aan hulself oorgelaat is in die noorde van Pretoria.
Hulle is in ’n kartondoos gestop en sonder seremonie op straat agtergelaat.
Sondagoggend het die sagte tjankgeluidjies van twee babahondjies die aandag van ’n verbyganger getrek.
“Die vrou het die uitgeteerde honde in ’n klein kartonboks in Pagelstraat, Wolmer gekry,” vertel Cilla Trexler van Wollies Diereprojek.
“Die honde was heeltemal ontwater en is dadelik na ’n veearts geneem vir behandeling.”
Trexler sê: “Die mamma het nie melk gehad vir haar werpsel nie en een van die kleintjies was so swak dat die veearts hom moes uitsit.”
Sy sê die oorlewende baba hondjie word steeds by die dierekliniek gehou waar hy nou aansterk.
“Die ma-hond word by Wollies hondeherberg versorg,” sê sy.
“Dit is so verskriklik wreed om die hond en haar werpsel in ’n klein boks in te stop en in ’n straat te los.”
Trexler maan eienaars aan om diere by hul naaste dierebeskermingsvereniging (DBV) of diereskuiling te laat.
“Wanneer mense onbevoeg is om na hul troeteldiere te kyk is daar altyd ander mense of instansies soos Wollies wat na die diere kan omsien. Dieremishandeling is onaanvaarbaar.”
Vir meer inligting oor Wollies diereprojek besoek hul Facebook blad: Wollies Animal Project.
Lees ook:
Wollies Animal Project is chock full
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
