CrimeLocal newsNewsUpdate

Smiley terug in die hof

Die saak word vandag hervat in die Pretoria-Noord-landdroshof.

Na verwagting sal André van Wyk (Smiley), wat aangekla is vir die moord op Anika Smit, vandag weer in die hof verskyn.

Die saak word weer Dinsdag by die Pretoria-Noord-landdroshof hervat na dit verlede maand uitgestel is.

Die 24-jarige Van Wyk staan tereg op aanklagte van verkragting, lykskending en moord.

In September is daar versoek in die hof gedoen dat Van Wyk verwys moet word na ’n psigiater vir volledige assessering rakend sy geestestoestand.

Daar was beslis dat Van Wyk in ’n enkelsel in Kgosi Mampuru II-gevangenis se hospitaalafdeling bly tot hy in die Weskoppies-psigiatriese-hospitaal opgeneem word.

Smit is op 10 Maart 2010 vermoor. Sy is verkrag, meswonde toegedien en beide haar hande was afgekap. Die hande is nooit gevind nie.

Lees ook:

Moordverdagte terug in die hof

Nuwe gesig van Anika se moord aangekla

Man linked to Anika Smit death in custody

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button