Die man wat aangekla is van die moord op sy skoonma sal Vrydag weer in die Pretoria-landdroshof verskyn.
Die saak teen Stefan Visser (28) was op 21 September in die hof uitgestel om verder ondersoek in te stel. Hy is nog in polisie-aanhouding.
Visser se skoonma, Elsabe van Niekerk se lyk is in April in Gezina by ’n paneelklopperonderneming aangetref nadat sy 31 keer met ’n mes gesteek is.
Visser is dieselfde dag in Rietondale in hegtenis geneem.
Hy het glo voorheen gedreig om haar dood te maak.
Die staat het vroeër aangevoer dat Visser se skoonpa die dag voor Van Niekerk se moord met hom in ’n argument betrokke was omdat hy nie sy vaderlike verpligtinge nagekom het nie.
Die volgende dag het Visser en Van Niekerk oor dieselfde onderwerp rusie gemaak.
Die hof het gehoor dat Visser by die paneelklopper met ’n klapmus en ’n vuisyster opgedaag het.
Dit was glo toe dat hy Van Niekerk doodgemaak het.
Hy was voorheen met Van Niekerk se dogter, Leandri getroud. Hulle het twee kinders.
Lees ook:
OPVOLG: Van Niekerk saak uitgestel
Verdagte in pastoor se moord in hof
Skoonseun verskyn in hof na moord op geliefde pastoor
Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.
For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:
For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
