Voertuig bars deur winkelvenster
Die voertuigbestuurder het van die toneel af weggejaag.
’n Man het Saterdagaand deur ’n winkelvenster in Pretoria-Noord gery toe hy beheer oor sy voertuig verloor het.
Die winkelbestuurder, Elise Jordaan, sê hulle het ’n klapgeluid gehoor toe die voertuig die venster tref.
“Toe ons besef dat dit ons winkel was, het ons dadelik na die sekuriteitskameras gaan kyk. Ons kon die voertuig sien, maar nie die registrasienommer nie,” sê sy.
Die voertuigbestuurder het van die toneel af weggejaag. Die winkel het erge skade opgedoen met vensters en meubels wat verwoes is.
“Ons het die GPF geskakel en hulle het die voorval op hulle Facebook-groepe geplaas,” sê Jordaan.
“Gelukkig het die polisie verby ons winkel gery en dadelik ons verklaring geneem.”
Jordaan sê die voertuigbestuurder het ‘n rukkie later by die winkel opgedaag.
“Hy het glo beheer oor die voertuig verloor en sy voet van die petrolpedaal afgehaal,” sê Jordaan.
‘n Saak is by die Pretoria-Noord polisiekantoor oopgemaak.
Die Pretoria-Noord-polisie kon egter nie vir kommentaar bereik word nie.
Lees ook:
Mamma en baba saam ter ruste gele
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
