Vyf rowers het Sondagaand drie eetplekke in die noorde van Pretroria beroof.
Sinoville-polisiewoordvoerder adjudant-offisier Johan van Dyk sê minstens een persoon is lig beseer toe die rowers by Montana Crossing toegeslaan het.
“Die rowers het drie eetplekke langs mekaar geteiken tussen 20:00 en 21:00.”
Die werknemers is met vuurwapens gedreig vir kontant en selfone.
“Een van die rowers het ’n skoot afgevuur en ’n persoon ligtelik gewond.”
Dit was nie dadelik duidelik of die slagoffer ‘n klant was nie.
Van Dyk sê die rowers het met ’n onbekende bedrag in kontant gevlug.
Voorsitter van Sinoville GPF, Vernon Smith, sê hulle het in ’n blou Polo-sedan “met ’n lig op die dak” weggejaag.
Lees ook:
Rowers vas na jaagtog deur die noorde
Sinoville gemeenskap saam teen misdaad
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n e-pos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.
