NewsSchools

Hoof spandeer dag op skool se dak

Wie moes ’n dag op die skool se dak deurbring?

Mnr. Dawid Haasbroek, skoolhoof van Laerskool Villieria, moes onlangs ’n dag op die skool se dak deurbring.

Mnr. Haasbroek het ’n weddenskap met die leerlinge verloor dat, indien hul meer as R150 000 insamel tydens die skool se kaskardag, hy ’n dag op die skool se dak sal deurbring.

Nie net het die insameling R150 000 gehaal nie, maar verwagting oortref deur meer as R200 000 in te samel.

Tipies die sport wat Mnr. Haasbroek is, is sy kantoor vir die dag na die skool se dak verskuif van waar hy “alle” hoof-sake moes hanteer.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button